Skip to main content
Hierdie webblad is waar ons leer omtrent Jeshua.

Jesus in die Ou Testament / Jeshua in die Tanach

Die artikels op hierdie webblad handel oor Jeshua in die Tanag ("Ou Testament"). Die rede hoekom ons die Tanag bestudeer (met aanhalings uit die MG), is omdat Jeshua slegs die beloofde Messias kan wees indien Hy aan die profesieë en vereistes in die Tanag voldoen. Die feit dat Hy na homself verwys as die Messias in die MG, is geen bewys dat Hy dit wel is nie, omdat daar baie valse messiasse was (en nog steeds is) wat dit ook sê.

Wanneer ons die Skrif noukeurig bestudeer, dan word die volgende baie duidelik:

  1. Jeshua is die Messias,
  2. Jeshua is nie 'n gewone mens nie,
  3. Jeshua het bestaan voordat Hy as mens gebore is.

(Nota: ek gebruik die afkorting MG om na die Messiaanse geskrifte te verwys, meer algemeen bekend as die sogenaamde “Nuwe Testament”. Ek hou nie van die term “Nuwe Testament” nie, omdat dit glad nie korrek is nie. Mens kan ‘n verbond hernu, maar nie ‘n testament nie. (Daar was nooit ’n “ou testament nie, want niemand het gesterf om een geldig te maak nie...).

Hierdie feit word ook bevestig op die webwerf “Catholic Truth” (cathtruth.com) waar dit die volgende sê (vry vertaal): “Die term “testament,” soos toegepas op die twee dele van die Bybel, beteken: ‘n verbond, ooreenkoms, pakt.”

Die benaming “testament” is blykbaar doelbewus deur Jerome (wat die MG in Latyns vertaal het) gekies om ‘n onderskeid te maak tussen die Tanag (die sogenaamde “Ou Testament”) en die MG, omdat hy antisemities en anti-Torah was.

Enige persoon wat die MG lees word deur Jeshua na die Tanag verwys:

Luk. 24:44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die Torah van Moshe en die profete en die psalms, vervul moet word.

Jeshua het ook die volgende van die Torah gesê:

Joh. 5:46 As julle Moshe geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.

Joh. 5:47 Maar as julle sy geskrifte (die Torah) nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?

Jeshua het die aanspraak gemaak dat Moshe oor Hom geskryf het. Indien dit waar is, dan behoort ons die Torah sorgvuldig te bestudeer om te sien waar Moshe oor Hom gepraat het, en wat hy gesê het van Hom.

Syndicate content